- Get link
- X
- Other Apps
Stappe van Sielewenning: Diagnose Redenasie Begeleiding Oriëntering Dissipelskap 5.5 Dissipelskap: Daar berus ‘n groot verantwoordelikheid by die geestelike werker om ‘opvolgwerk’ te doen. Die jong bekeerling is nog baie broos en het die ondersteuning van die geestelike werker baie nodig. Dissipelskap moet spontaan wees, maar tog is daar ‘n paar riglyne of wenke wat tot hulp kan wees. Skakel of besoek die jong bekeerling die volgende dag en hoor hoe dit met hom gaan. Verseker hom van jou getroue voorbidding vir hom. Verskaf aan hom geestelike literatuur en ‘cd’s’ of ‘dvd’s’. Gee aan hom ook Bybelstudies wat relevant is tot jong bekeerlinge. Sonder om ‘n oorlas van jouself te maak, besoek die jong bekeerling op ‘n gereelde basis. Nooi hom uit na byeenkomste van gelowiges en betrek hom daarby. Wees egter sensitief vir sy swakhede of beperkings. Moet dus nie druk op hom plaas om voor ‘n gehoor te getuig of om hardop te bid nie, maar...