4. Hoe Om Mense Te Benader:
Daar is geensins ‘n Bybels-voorgeskrewe metode waarvolgens siele benader moet word nie. Omstandighede sal dikwels bepalend wees in die manier van benadering. Sommige mense wat bearbei sal word is alreeds bekend aan die sielewenner en mag moontlik alreeds in een-of-ander verhouding met die sielewenner wees. Ander sal egter onbekend wees en sal alreeds tydens die ontmoeting bearbei word. Hier kan onderskei word tussen twee tipes ontmoetings, naamlik:
4.1 Doelgerigte ontmoetings:
· Straatwerk en Huisbesoek
· Berading na reaksie op evangeliediens
4.2 ‘Toevallige’ ontmoetings:
· Sosiale geleenthede
· Openbare plekke
· Telefoon oproepe of besoeke by jou afgelê
Alhoewel dit nie effektief sal wees om in alle gevalle dieselfde benadering te volg nie, is daar tog ‘n paar beginsels en wenke wat die sielewenner kan help:
Ø Wees vriendelik, maar nie oordrewe of vals nie.
Ø Soek ‘n gemaklike punt van ontmoeting soos byvoorbeeld om belangstelling te toon in iets wat die persoon doen. Aanprysing sonder enige valsheid kan ‘n wonderlike ‘ysbreker’ wees. Vleitaal is afstootlik.
Ø ‘n ‘CD’, ‘DVD’, boek, of traktaatjie wat vir die persoon gegee word kan ook die begin van die geestelike gesprek maklik maak.
Ø Wees duidelik en beslis in die geestelike gesprek, maar behou ‘n sagte aanslag.
Comments
Post a Comment