Skip to main content

Deel 4- Hoe Om Mense Te Benader.

4.    Hoe Om Mense Te  Benader:

Daar is geensins ‘n Bybels-voorgeskrewe metode waarvolgens siele benader moet word nie. Omstandighede sal dikwels bepalend wees in die manier van benadering. Sommige mense wat bearbei sal word is alreeds bekend aan die sielewenner en mag moontlik alreeds in een-of-ander verhouding met die sielewenner wees. Ander sal egter onbekend wees en sal alreeds tydens die ontmoeting bearbei word. Hier kan onderskei word tussen twee tipes ontmoetings, naamlik:



4.1 Doelgerigte ontmoetings:

·         Straatwerk en Huisbesoek
·         Berading na reaksie op evangeliediens


4.2 ‘Toevallige’ ontmoetings:

·         Sosiale geleenthede
·         Openbare plekke
·         Telefoon oproepe  of  besoeke by jou afgelê

Alhoewel dit nie effektief sal wees om in alle gevalle dieselfde benadering te volg nie, is daar tog ‘n paar beginsels en wenke wat die sielewenner kan help:
Ø  Wees vriendelik, maar nie oordrewe of vals nie.
Ø  Soek ‘n gemaklike punt van ontmoeting soos byvoorbeeld om belangstelling te toon in iets wat die persoon doen. Aanprysing sonder enige valsheid kan ‘n wonderlike ‘ysbreker’ wees. Vleitaal is afstootlik.
Ø  ‘n ‘CD’, ‘DVD’, boek, of traktaatjie wat vir die persoon gegee word kan ook die begin van die geestelike gesprek maklik maak.
Ø  Wees duidelik en beslis in die geestelike gesprek, maar behou ‘n sagte aanslag.

Comments

Popular posts from this blog

Deel 5- Stappe van Sielewenning: 1 Diagnose

Stappe van Sielewenning:     Diagnose  Redenasie   B egeleiding   Oriëntering  Dissipelskap 5.1   Diagnose: Met ‘diagnose’ word bedoel dat die sielewenner probeer vasstel waar die ander persoon staan met  betrekking tot ‘n verhouding met God. Dit kan hom help om sinvol die gesprek te kan lei en relevant te bly in alles wat hy sê. Elke mens bevind homself in een of meer van die volgende posisies: ·           Ateïs ·           Agnostikus ·           Apatiese ·           Gelowige van kultusse of ander godsdienste as Christenskap ·           Vorm-godsdienstige en selfregverdigende Christen ·           Oortuigde en/of soekende sondaar (ingeslu...

Deel 5- Stappe van Sielewenning: 5 Dissipelskap

Stappe van Sielewenning: Diagnose  Redenasie  Begeleiding  Oriëntering  Dissipelskap 5.5   Dissipelskap: Daar berus ‘n groot verantwoordelikheid by die geestelike werker om ‘opvolgwerk’ te doen. Die jong bekeerling is nog baie broos en het die ondersteuning van die geestelike werker baie nodig. Dissipelskap moet spontaan wees, maar tog is daar ‘n paar riglyne of wenke wat tot hulp kan wees. Skakel of besoek die jong bekeerling die volgende dag en hoor hoe dit met hom gaan. Verseker hom van jou getroue voorbidding vir hom. Verskaf aan hom geestelike literatuur en ‘cd’s’ of ‘dvd’s’. Gee aan hom ook Bybelstudies wat relevant is tot jong bekeerlinge. Sonder om ‘n oorlas van jouself te maak, besoek die jong bekeerling op ‘n gereelde basis. Nooi hom uit na byeenkomste van gelowiges en betrek hom daarby. Wees egter sensitief vir sy swakhede of beperkings. Moet dus nie druk op hom plaas om voor ‘n gehoor te getuig of om hardop te bid nie, maar...

Deel 5- Stappe van Sielewenning: 3 Begeleiding

  Stappe van Sielewenning:       Diagnose Redenasie  Begeleiding   Oriëntering Dissipelskap 5.3   Begeleiding: Voordat iemand begelei word in ‘n oorgawe is dit van kardinale belang om seker te maak dat hy: -            Werklik onder besef van verlorenheid en sonde oortuiging verkeer en desperaat is om gered te word en te breek met alle sonde. Kosteberekening is essensieel omdar niemand gered kan word indien hy nie hom heelhartig tot die Here bekeer van AL SY SONDES nie. -            Die Evangelie verstaan, en presies begryp waarmee hy nou besig is as hy ‘n oorgawe maak. -            Geloof    het om die Here Jesus te vertrou. Die geestelike werker kan vir die oortuigde persoon met wie hy nou werk vra om self te verduidelik waarom hy ‘n oorgawe wil maak. Hieruit kan ‘n g...