Skip to main content

Deel 5- Stappe van Sielewenning: 1 Diagnose

Stappe van Sielewenning: 
 Diagnose 
Redenasie 
Begeleiding 
Oriëntering 
Dissipelskap


5.1 Diagnose:
Met ‘diagnose’ word bedoel dat die sielewenner probeer vasstel waar die ander persoon staan met 
betrekking tot ‘n verhouding met God. Dit kan hom help om sinvol die gesprek te kan lei en relevant
te bly in alles wat hy sê. Elke mens bevind homself in een of meer van die volgende posisies:

·         Ateïs
·         Agnostikus
·         Apatiese
·         Gelowige van kultusse of ander godsdienste as Christenskap
·         Vorm-godsdienstige en selfregverdigende Christen
·         Oortuigde en/of soekende sondaar (ingesluit die hopelose)
·         Valse bekeerde Christen
·         Teruggevalle Christen
·         Gestagneerde Christen
·         Groeiende Christen (jonk of volwasse)

Dit is vanselfsprekend dat die inhoud van die gesprekke wat daar met die verskillende bogenoemde tipes persone gevoer sal word, sal verskil.

Alhoewel dit heeltemal onmoontlik is vir enige mens om presies te weet wat in iemand anders se hart aangaan, is dit moontlik vir die sielewenner om wel ‘n aanduiding te kry van iemand anders se geestelike posisie op grond van daardie persoon se eie getuienis.

Twee diagnostiese vrae kan aan iemand gevra word, waarvan die persoon se antwoorde daarop dikwels ‘n goeie aanduiding vir die sielewenner kan gee van waarmee hy hier te doen het. Die vrae kan min of meer as volg gestel word:

·         Indien jy nóú skielik sou sterf, waar sal jou onsterflike siel vir ewig wees; In die Hemel, of in die Hel?


·         Indien jy voor die poorte van die Hemel staan, wat sal jy vir God sê waarom Hy jou in die Hemel moet toelaat?

Alhoewel bogenoemde twee diagnostiese vrae dikwels die mees effektiewe metode kan wees om ‘n ‘diagnose’ te maak moet die sielewenner daarteen waak om nie vasgevang te word in ‘n ‘metodiese’ vorm van gesprekvoering nie. Die geestelike gesprek moet altyd lewendig wees en die geestelike werker behoort altyd oop te wees vir die leiding van die Heilige Gees.

Soms kan ‘n mens daarin slaag om geleidelik tydens ‘n spontane gesprek ‘n diagnose te kan maak sonder dat daar spesifiek gevra word of die persoon sekerheid van saligheid het. 
Die doel van die twee diagnostiese vrae het egter nie slegs ten doel om die geestelike werker in staat te stel om ‘n ‘diagnose’ te maak nie, maar het meer ten doel om die ander persoon te help om te besin oor sy geestelike stand en self ‘n diagnose te maak. Wanneer tyd nie ‘n faktor is nie kan die gesprek baie meer geleidelik gevoer word in die rigting van ‘diagnose’, maar wanneer tyd saam met daardie persoon beperk is, soos bv in ‘n hysbak, sal die twee diagnostiese vrae baie meer effektief wees.
‘n Ander metode wat genoem word ‘Way of the Master’ is om iemand direk die volgende vrae te vra:

·         “Het jy al ooit gesteel, leuens vertel, iemand anders gehaat, na ‘n ander man/vrou se vrou/man gekyk het om haar/hom te begeer (afhangende of jy met ‘n man of vrou praat), ens.?”

Elke mens sal as hy/sy eerlik is bevestigend antwoord op hierdie vrae. Die opvolgvraag sal dan wees:

·         “Na aanleiding van hierdie bogenoemde erkennings, wat dink jy noem die Bybel jou?”

Indien die antwoord is: ‘Dief, leuenaar, moordenaar, egbreker, ens.’ kan die volgende vraag gevra word:

·         “As ‘n selfverklaarde ‘dief, leuenaar, moordenaar, egbreker, ens.’, dink jy dat wanneer jy voor die Heilige en Regverdige God gaan verskyn Hy jou in die Hemel sal toelaat? Waarom?”     

 Daar is egter baie ander vrae wat met dieselfde doel gevra kan word, soos:
·         “Is jy ‘n weergebore kind van God?”
·         “Is jy in ‘n persoonlike verhouding met God?”
·         “Hoe staan jou saak met God?”
·         “Hoe gaan dit geestelik met jou?”
·         “Het jy geloofsekerheid / sekerheid van saligheid?”
·         “Het jy vrede met God?”
·         “Het jy al die Here Jesus aangeneem as jou persoonlike Verlosser en Saligmaker?”
·         “Vertel my oor jou bekering.”
·         “Hoe het dit gebeur dat jy die Here Jesus ontmoet het?”

Hierdie bogenoemde vrae kan ook in sekere gevalle effektief wees, maar dikwels het mense ‘n totale wanbegrip oor hierdie onderwerp dat die antwoorde gevolglik nie akkuraat is nie.


Wanneer die geestelike werker nou ‘n idee het van waarmee hy te doen het, kan daar nou na die volgende stap oorgegaan word naamlik om die antwoorde wat die persoon gegee het te beredeneer.

Comments

Popular posts from this blog

Deel 5- Stappe van Sielewenning: 5 Dissipelskap

Stappe van Sielewenning: Diagnose  Redenasie  Begeleiding  Oriëntering  Dissipelskap 5.5   Dissipelskap: Daar berus ‘n groot verantwoordelikheid by die geestelike werker om ‘opvolgwerk’ te doen. Die jong bekeerling is nog baie broos en het die ondersteuning van die geestelike werker baie nodig. Dissipelskap moet spontaan wees, maar tog is daar ‘n paar riglyne of wenke wat tot hulp kan wees. Skakel of besoek die jong bekeerling die volgende dag en hoor hoe dit met hom gaan. Verseker hom van jou getroue voorbidding vir hom. Verskaf aan hom geestelike literatuur en ‘cd’s’ of ‘dvd’s’. Gee aan hom ook Bybelstudies wat relevant is tot jong bekeerlinge. Sonder om ‘n oorlas van jouself te maak, besoek die jong bekeerling op ‘n gereelde basis. Nooi hom uit na byeenkomste van gelowiges en betrek hom daarby. Wees egter sensitief vir sy swakhede of beperkings. Moet dus nie druk op hom plaas om voor ‘n gehoor te getuig of om hardop te bid nie, maar...

Deel 5- Stappe van Sielewenning: 3 Begeleiding

  Stappe van Sielewenning:       Diagnose Redenasie  Begeleiding   Oriëntering Dissipelskap 5.3   Begeleiding: Voordat iemand begelei word in ‘n oorgawe is dit van kardinale belang om seker te maak dat hy: -            Werklik onder besef van verlorenheid en sonde oortuiging verkeer en desperaat is om gered te word en te breek met alle sonde. Kosteberekening is essensieel omdar niemand gered kan word indien hy nie hom heelhartig tot die Here bekeer van AL SY SONDES nie. -            Die Evangelie verstaan, en presies begryp waarmee hy nou besig is as hy ‘n oorgawe maak. -            Geloof    het om die Here Jesus te vertrou. Die geestelike werker kan vir die oortuigde persoon met wie hy nou werk vra om self te verduidelik waarom hy ‘n oorgawe wil maak. Hieruit kan ‘n g...

Deel 5- Stappe van Sielewenning: 2 Redenasie

Stappe van Sielewenning:   Diagnose   Redenasie  Begeleiding  Oriëntering   Dissipelskap 5.2   Redenasie: Wanneer hier van ‘redenasie’ gepraat word is dit belangrik dat dit nie verwar word met ‘n ‘stryery’of ‘twis’nie, maar wel om die Evangelie logies te beredeneer. In Jesaja 1:18 (KJV) kom die gedagte baie duidelik na vore: “Come now, and let us  reason together , saith the LORD: though your sins be as scarlet, they shall be as white as snow; though they be red like crimson, they shall be as wool”. Die Here God het die mens as ‘n intellektuele wese geskape en verwag gevolglik ‘intellektuele geloof’, en nie ‘blinde geloof’ nie.  Dit is onhaalbaar om ‘n vooropgestelde redenasie uiteen te sit en daarop sal slegs die kerngedagte van elke tipe gesprek genoem word. 5.2.1          Ateïs: Alhoewel die fokus van die verskillende tipes Ateïste verskil, is die basis van hulle standpunt die ontkenn...