Skip to main content

Deel 3- Vereistes van die Sielewenner.

3.    Vereistes van die sielewenner:

3.1 Hy moet self waarlik gered wees.


3.2 Hy moet gereinig wees, vervul met die Heilige Gees, en algeheel oorgegee aan God.

2Timótheüs 2:21 “As iemand hom dus hiervan deeglik reinig, sal hy ‘n voorwerp tot eer wees, geheilig en bruikbaar vir die Here, toeberei vir elke goeie werk.”

Handelinge 1:8 “maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees”

Romeine 12:1-2 “Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens. En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.”


3.3 Hy moet ‘n voorbeeldige lewe lei.

Matthéüs 5:16 “Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.”


3.4 Hy moet die Skrif ken.

2Timóthéüs 3:16-17 “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.”

Hebreërs 4:12 “Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.”

3.5 Hy moet ‘n gesonde gebedslewe hê.


3.6 Hy moet ‘n liefde vir siele hê.


3.7 Hy moet ywer hê en geleenthede soek.


3.8 Hy moet sy perke ken en sensitief wees vir ander se gevoelens.


3.9 Hy moet nederig wees, en nie eiewys nie.


3.10 Hy moet deursettingsvermoë en geduld hê.


3.11 Hy moet waaksaam en versigtig wees.


3.12 Hy moet lerend bly.

3.13 Hy moet gefokus bly.



Comments

Popular posts from this blog

Deel 1- Wat Is Redding?

‘Sielewenning’ is die handelinge waarvolgens een persoon ‘n ander persoon begelei om die ewige saligheid van sy onsterflike siel te soek en te vind in die Here Jesus Christus. Dit is slegs God alleen wat ‘n verlore sondaar kan red, maar tog het Hy gekies om deur die betrokkenheid van ander mense iemand te oortuig en te lei tot ware bekering, waarna Hy die wedergeboorte bewerk in daardie persoon se lewe. God is selfstandig en onafhanklik en is in staat om ‘n sondaar se siel te red sonder die tussenkoms van ‘n mens, maar tog het Hy ‘n soewereine wilsbesluit geneem om die mens in te sluit by hierdie aktiwiteit. Die Here kon ook van engele gebruik maak om hierdie taak te verrig, maar Hy het besluit om aan die mens hierdie verantwoordelikheid en voorreg te gee. 1.   Wat is Redding? Die term ‘redding’ verwys na die Goddelike daad waardeur die eens verlore sondaar genadiglik vergewe word van al al sy sondes, vrygespreek word van die straf wat hy daarvoor verdien het (naaml...

Deel 5- Stappe van Sielewenning: 4 Oriëntering

Stappe van Sielewenning:   Diagnose   Redenasie  Begeleiding  Oriëntering  Dissipelskap 5.4   Oriëntering:   Die persoon is, indien hy die getuienis van die Heilige Gees in sy hart het dat hy gered is, nou weergebore. Dit beteken dat hy ‘n ‘baba’ in Christus is, en daarom is dit van uiterste belang om sekere dinge aan hom te verduidelik. 5.4.1          Sy Posisie: Hierdie persoon is nou vergewe van al sy sondes en is nou geestelik lewendig, hy is nou ‘n kind van God. Hy het nou die ewige lewe ontvang en is nou onder die beskerming van die Here Jesus. Indien hy nóú tot sterwe kom sal hy Hemel toe gaan. Sonder om hom nou te ‘bombardeer’ met ‘n klomp teksverse is dit tog belangrik om ‘n paar teksverwysings vir hom neer te skrywe wat hy self tuis kan gaan oplees en bepeins soos o.a.: Efesiërs 2:1 “En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes”  2Korinthië...

Deel 5- Stappe van Sielewenning: 5 Dissipelskap

Stappe van Sielewenning: Diagnose  Redenasie  Begeleiding  Oriëntering  Dissipelskap 5.5   Dissipelskap: Daar berus ‘n groot verantwoordelikheid by die geestelike werker om ‘opvolgwerk’ te doen. Die jong bekeerling is nog baie broos en het die ondersteuning van die geestelike werker baie nodig. Dissipelskap moet spontaan wees, maar tog is daar ‘n paar riglyne of wenke wat tot hulp kan wees. Skakel of besoek die jong bekeerling die volgende dag en hoor hoe dit met hom gaan. Verseker hom van jou getroue voorbidding vir hom. Verskaf aan hom geestelike literatuur en ‘cd’s’ of ‘dvd’s’. Gee aan hom ook Bybelstudies wat relevant is tot jong bekeerlinge. Sonder om ‘n oorlas van jouself te maak, besoek die jong bekeerling op ‘n gereelde basis. Nooi hom uit na byeenkomste van gelowiges en betrek hom daarby. Wees egter sensitief vir sy swakhede of beperkings. Moet dus nie druk op hom plaas om voor ‘n gehoor te getuig of om hardop te bid nie, maar...