Skip to main content

Deel 3- Vereistes van die Sielewenner.

3.    Vereistes van die sielewenner:

3.1 Hy moet self waarlik gered wees.


3.2 Hy moet gereinig wees, vervul met die Heilige Gees, en algeheel oorgegee aan God.

2Timótheüs 2:21 “As iemand hom dus hiervan deeglik reinig, sal hy ‘n voorwerp tot eer wees, geheilig en bruikbaar vir die Here, toeberei vir elke goeie werk.”

Handelinge 1:8 “maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees”

Romeine 12:1-2 “Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens. En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.”


3.3 Hy moet ‘n voorbeeldige lewe lei.

Matthéüs 5:16 “Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.”


3.4 Hy moet die Skrif ken.

2Timóthéüs 3:16-17 “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.”

Hebreërs 4:12 “Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.”

3.5 Hy moet ‘n gesonde gebedslewe hê.


3.6 Hy moet ‘n liefde vir siele hê.


3.7 Hy moet ywer hê en geleenthede soek.


3.8 Hy moet sy perke ken en sensitief wees vir ander se gevoelens.


3.9 Hy moet nederig wees, en nie eiewys nie.


3.10 Hy moet deursettingsvermoë en geduld hê.


3.11 Hy moet waaksaam en versigtig wees.


3.12 Hy moet lerend bly.

3.13 Hy moet gefokus bly.



Comments

Popular posts from this blog

Deel 5- Stappe van Sielewenning: 5 Dissipelskap

Stappe van Sielewenning: Diagnose  Redenasie  Begeleiding  Oriëntering  Dissipelskap 5.5   Dissipelskap: Daar berus ‘n groot verantwoordelikheid by die geestelike werker om ‘opvolgwerk’ te doen. Die jong bekeerling is nog baie broos en het die ondersteuning van die geestelike werker baie nodig. Dissipelskap moet spontaan wees, maar tog is daar ‘n paar riglyne of wenke wat tot hulp kan wees. Skakel of besoek die jong bekeerling die volgende dag en hoor hoe dit met hom gaan. Verseker hom van jou getroue voorbidding vir hom. Verskaf aan hom geestelike literatuur en ‘cd’s’ of ‘dvd’s’. Gee aan hom ook Bybelstudies wat relevant is tot jong bekeerlinge. Sonder om ‘n oorlas van jouself te maak, besoek die jong bekeerling op ‘n gereelde basis. Nooi hom uit na byeenkomste van gelowiges en betrek hom daarby. Wees egter sensitief vir sy swakhede of beperkings. Moet dus nie druk op hom plaas om voor ‘n gehoor te getuig of om hardop te bid nie, maar...

Deel 5- Stappe van Sielewenning: 3 Begeleiding

  Stappe van Sielewenning:       Diagnose Redenasie  Begeleiding   Oriëntering Dissipelskap 5.3   Begeleiding: Voordat iemand begelei word in ‘n oorgawe is dit van kardinale belang om seker te maak dat hy: -            Werklik onder besef van verlorenheid en sonde oortuiging verkeer en desperaat is om gered te word en te breek met alle sonde. Kosteberekening is essensieel omdar niemand gered kan word indien hy nie hom heelhartig tot die Here bekeer van AL SY SONDES nie. -            Die Evangelie verstaan, en presies begryp waarmee hy nou besig is as hy ‘n oorgawe maak. -            Geloof    het om die Here Jesus te vertrou. Die geestelike werker kan vir die oortuigde persoon met wie hy nou werk vra om self te verduidelik waarom hy ‘n oorgawe wil maak. Hieruit kan ‘n g...

Deel 5- Stappe van Sielewenning: 2 Redenasie

Stappe van Sielewenning:   Diagnose   Redenasie  Begeleiding  Oriëntering   Dissipelskap 5.2   Redenasie: Wanneer hier van ‘redenasie’ gepraat word is dit belangrik dat dit nie verwar word met ‘n ‘stryery’of ‘twis’nie, maar wel om die Evangelie logies te beredeneer. In Jesaja 1:18 (KJV) kom die gedagte baie duidelik na vore: “Come now, and let us  reason together , saith the LORD: though your sins be as scarlet, they shall be as white as snow; though they be red like crimson, they shall be as wool”. Die Here God het die mens as ‘n intellektuele wese geskape en verwag gevolglik ‘intellektuele geloof’, en nie ‘blinde geloof’ nie.  Dit is onhaalbaar om ‘n vooropgestelde redenasie uiteen te sit en daarop sal slegs die kerngedagte van elke tipe gesprek genoem word. 5.2.1          Ateïs: Alhoewel die fokus van die verskillende tipes Ateïste verskil, is die basis van hulle standpunt die ontkenn...