Skip to main content

Deel 2- Redes vir Sielewenning.

2.  Redes vir Sielewenning:

2.1 Daar is 'n opdrag:

Matthéüs 28:19 “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies...”

1Petrus 2:9 “Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig”



2.2 Daar is 'n oordeel:

Hebreërs 9:27 “En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel”

Handelinge 17:30 “God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer”

Handelinge 17:30-31 “God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer, omdat Hy ‘n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur ‘n Man wat Hy aangestel het, en Hy het hiervan aan almal sekerheid gegee deur Hom uit die dode op te wek.”



2.3 Daar is finaliteit:

2Samuel 14:14 “Want ons moet eenmaal sterwe en soos water wees wat uitgegooi word op die grond, wat ‘n mens nie weer kan versamel nie; en God neem die lewe nie weg nie, maar Hy koester gedagtes om ‘n verstotene nie van Hom af te stoot nie.”

Psalm 89:49 “Watter mens leef daar wat die dood nie sal sien nie, wat sy siel sal kan red uit die mag van die doderyk?” 



2.4 Daar is ‘n uitvloeisel:

Spreuke 11:30 “Die vrug van die regverdige is ‘n boom van die lewe, en hy wat siele win, is wys.”


2.5 Daar is ‘n beloning:

Daniël 12:3 “En die verstandiges sal glinster soos die glans van die uitspansel, en die wat baie tot regverdigheid lei, soos die sterre vir ewig en altoos.”


Comments

Popular posts from this blog

Deel 1- Wat Is Redding?

‘Sielewenning’ is die handelinge waarvolgens een persoon ‘n ander persoon begelei om die ewige saligheid van sy onsterflike siel te soek en te vind in die Here Jesus Christus. Dit is slegs God alleen wat ‘n verlore sondaar kan red, maar tog het Hy gekies om deur die betrokkenheid van ander mense iemand te oortuig en te lei tot ware bekering, waarna Hy die wedergeboorte bewerk in daardie persoon se lewe. God is selfstandig en onafhanklik en is in staat om ‘n sondaar se siel te red sonder die tussenkoms van ‘n mens, maar tog het Hy ‘n soewereine wilsbesluit geneem om die mens in te sluit by hierdie aktiwiteit. Die Here kon ook van engele gebruik maak om hierdie taak te verrig, maar Hy het besluit om aan die mens hierdie verantwoordelikheid en voorreg te gee. 1.   Wat is Redding? Die term ‘redding’ verwys na die Goddelike daad waardeur die eens verlore sondaar genadiglik vergewe word van al al sy sondes, vrygespreek word van die straf wat hy daarvoor verdien het (naaml...

Deel 5- Stappe van Sielewenning: 4 Oriëntering

Stappe van Sielewenning:   Diagnose   Redenasie  Begeleiding  Oriëntering  Dissipelskap 5.4   Oriëntering:   Die persoon is, indien hy die getuienis van die Heilige Gees in sy hart het dat hy gered is, nou weergebore. Dit beteken dat hy ‘n ‘baba’ in Christus is, en daarom is dit van uiterste belang om sekere dinge aan hom te verduidelik. 5.4.1          Sy Posisie: Hierdie persoon is nou vergewe van al sy sondes en is nou geestelik lewendig, hy is nou ‘n kind van God. Hy het nou die ewige lewe ontvang en is nou onder die beskerming van die Here Jesus. Indien hy nóú tot sterwe kom sal hy Hemel toe gaan. Sonder om hom nou te ‘bombardeer’ met ‘n klomp teksverse is dit tog belangrik om ‘n paar teksverwysings vir hom neer te skrywe wat hy self tuis kan gaan oplees en bepeins soos o.a.: Efesiërs 2:1 “En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes”  2Korinthië...

Deel 5- Stappe van Sielewenning: 5 Dissipelskap

Stappe van Sielewenning: Diagnose  Redenasie  Begeleiding  Oriëntering  Dissipelskap 5.5   Dissipelskap: Daar berus ‘n groot verantwoordelikheid by die geestelike werker om ‘opvolgwerk’ te doen. Die jong bekeerling is nog baie broos en het die ondersteuning van die geestelike werker baie nodig. Dissipelskap moet spontaan wees, maar tog is daar ‘n paar riglyne of wenke wat tot hulp kan wees. Skakel of besoek die jong bekeerling die volgende dag en hoor hoe dit met hom gaan. Verseker hom van jou getroue voorbidding vir hom. Verskaf aan hom geestelike literatuur en ‘cd’s’ of ‘dvd’s’. Gee aan hom ook Bybelstudies wat relevant is tot jong bekeerlinge. Sonder om ‘n oorlas van jouself te maak, besoek die jong bekeerling op ‘n gereelde basis. Nooi hom uit na byeenkomste van gelowiges en betrek hom daarby. Wees egter sensitief vir sy swakhede of beperkings. Moet dus nie druk op hom plaas om voor ‘n gehoor te getuig of om hardop te bid nie, maar...